| Uitvindings wat jou lewe sal verander - Burger, April 2004 |
|
|
|
Datum: 05/04/2004 Click here to view the published article. As Alexander Graham Bell nooit die telefoon uitgevind het nie, sou jy nie nou vir al jou vriende SMS`e kon stuur oor jou wonderlike vakansie nie. Dink `n bietjie oor al die wonderlike uitvindings wat ons wêreld verander het. Of, nog beter, moenie die uitstalling oor uitvindings by die MTN ScienCentre in die Canal Walk-winkelsentrum misloop nie. Rolskaatse is in 1760 vir die eerste keer deur `n Belgiese musikant, Joseph Merlin, gebroik toe hy besluit het om `n spektakel van homself te maak en tydens `n gemaskerde bal in Soho Square, Londen, oor die balsaal te rolskaats. Hy het teen `n hoë spoed deur die saal geskaats en terselfdertyd viool gespeel. Hy kon egter nie stop nie en het homself ernstig beseer toe hy in `n reuse-spieël vasgeskaats het. Hy het seker nooit gedink rolskaatse sal vandag nog in gebruik en baie gewild wees nie! Inventions that change your world is `n uitstalling tjokkenblok vol feite oor uitvinders en hul uitvindings. Die uitstalling bestaan uit `n reeks opwindende interaktiewe uitstallings. Uitvindings sal met lewensgrootte voorbeelde of miniatuur modelle en inligtingsborde uitgebeeld word. Baie van die uitvindings sal in volle werkende toestand wees en besoekende leerders sal daarmee kan werk. Die uitstalling word met trots deur die Shuttleworth Foundation geborg en kan van 24 Maart tot 31 Julie 2004 by die MTN ScienCentre in Canal Walk in Century City besigtig word. Die uitstalling Iê klem op die feit dat heelwat wetenskap en tegnologie agter die uitvindings skuil en dit verduidelik hoe dit ons daaglikse lewe raak. Die telefoon is `n goeie voorbeeld! As Alexander Graham Bell nie die eerste telefoon in 1886 uitgevind het nie, sou ons nie vandag ons vriende kon SMS nie. Wees op die uitkyk vir die heel eerste telefoon in Suid-Afrika, maar die heel nuutste selfone sal ook te sien wees. Die mense wat weet, sê jonk en oud sal die uitstalling boeiend vind. Buiten die uitstallings word `n wye verskeidenheid werksessies aangebied wat deur skoolgroepe besoek kan word. Daar is geen ekstra koste aan die werksessies verbonde nie. Net die MTN ScienCentre se gewone skoolgroeptoegangsfooi (R18 per leerder) is van toepassing. Plek is beperk en skoolgroepe word aangemoedig om so gou moontlik by Esna by 021 592 8100 te bespreek. Besoek die webwerf www.mtnsciencentre.org.za vir nog inligting. |
||
| Close | ||