| Mark Shuttleworth hou basaar - Sake Beeld, 25 May 2004 |
|
|
|
Date: 25/05/2004 By: Mathabo le Roux Click here to view the published article. Korporatiewe maatskaplike beleggings (CSI) word deesdae in die skadu gestel deur vereistes vir swart ekonomiese bemagtiging. Die Shuttleworth-stigting van mnr. Mark Shuttleworth wil egter weer die belangrike aspek van korporatiewe verantwoordelikheid op die voorgrond plaas met sy sogenaamde innovasiebasaar. Die stigting het ten doel om opleiding in wetenskap, wiskunde en tegnologie te bevorder en entrepreneurskap by skoolkinders aan te wakker. Projekte wat in die rigtings `n rol kan speel, word deur die stigting ge`identifiseer en deur die "basaar" bekend gestel aan maatskappye wat äs deel van hui korporatiewe maatskaplike verantwoordelikheid in sulke Projekte wil bele. In effek kan maatskappye `n bepaalde projek "koop", en op die basaar tree projeksamestellers äs "verkopers" van hui Projekte op. Die basaar is verlede jaar van Stapel laat loop en tien projekte in die Wes- Kaap het op die manier borge gekry. Me. Annemarie van der Merwe, voorsitter van die Iscor Trust, wat een van die projekte finansier, se die basaar is `n proaktiewe inisiatief. "Baie maatskappytrusts het nie die hulpbronne om volhoubare maatskaplike beleggingsprojekte te identifiseer nie. "Die basaar stel geskikte projekte bekend aan die maatskappye." Die projekte is deur die bank op `n hoe peil en is geloofws.ardig omdat dit aan `n deeglike keuringsproses onderwerp word. Die basaar gaan ook `n stappie vorder: Projekte wat goedgekeur word, word onderwerp aan `n reeks slypskole waar die bestuurders van die Programme leer hoe om strukture te vestig vir verslagdoening, begrotings op te stel en aanbiedings saam te stel. Maatskappye wat belangstel om deel te neem aan die inisiatief, kan die Shuttleworth-stigting bei by -021 970 1200 of 'n e-posboodskap stuur aan Kim Vosse by [email protected]. |
||
| Close | ||